Suid-Afrika se senior mans-krieketspan betree Saterdagmiddag ongekende terrein wanneer hy in Bridgetown, in Barbados, in die eindstryd van die T20 Wêreldbekertoernooi teen Indië te staan kom.
Die SABC berig die Proteas het Donderdag vir die eerste keer in 18 probeerslae tot ‘n eindstryd van ‘n Wêreldbekertoernooi deurgedring, toe hulle Afghanistan in die hafleindronde in Trinidad en Tobago geklop het. Indië het op sy beurt met Engeland afgereken, en sodoende deurgedring.
Vanmiddag (Saterdag) se kragmeting begin om 16:30 en sal regstreeks op SABC2 en Supersport uitgesaai word.