Die Suid-Afrikaanse onder-19 vroue kriekespan het hulle plek vasgemaak in die Super 6-afdeling van die o/19 T20 Wêreldbeker-toernooi.
Dit kom na hulle Nigerië Woensdagoggend in Maleisië in die laaste groep ronde wedstryd gemaklik met 41 lopies geklop het.
Die wedstryd is deur reën beïnvloed en na die Suid-Afrikaners 49 / 2 op die telbord kon plaas is dit deur die Duckworth-Lewis-Stern metode bepaal dat Nigerië 66 lopies gaan moet jaag in agt boulbeurte maar kon uiteindelik net vorder tot 24/8.
Die Jong Proteas ontmoet Ierland Saterdagoggend om 08:30 (SA tyd) wat sover ook nog net een uit drie wedstryde kon wen.