Politieke druk – en nié wedstryd-veiligheid nie – is glo die rede waarom Krieket Suid-Afrika die nasionale onder negentien-span se David Teeger van sy kapteinskap onthef
het.

Bronne wat by wedstryd-beveiliging vir die onder-negentien-Wêreldbekertoernooi betrokke is, het aan Rapport gesê, geen inligting dui op ‘n groter veiligheidsrisiko indien
Teeger kaptein sou wees nie.

Luidens ‘n verklaring meen KSA dat vyandige groepe op Teegan se kapteinskap kan fokus, wat tot moontlike geweld kan lei.

Die 19-jarige Teeger het ‘n toekenning, wat hy in Oktober by ‘n Joodse toekenningsgeleentheid ontvang het, aan jong Israeliese soldate opgedra.

KSA en die departement van sport ontken dat sy kapteinskap-ontheffing met enige druk van pro-Palestynse groepe verband hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×