Krieket SA voor stok gekry deur ‘n parlementêre komitee

Die Parlement se sport-komitee het Krieket Suid-Afrika tot Vrydag tyd gegee om ‘n forensiese verslag voor te lê wat handel oor die liggaam se sake, wat transformasie insluit.

Komitee-lede was woedend omdat hulle in die media moes hoor van die verslag van 500 bladsye, terwyl hulle net ‘n opsomming gekry het.

Die voorsitter Beauty Dlulane sê die komitee is vyf maande gelede insame in die verslag beloof.

KSA verwerp aantygings van arrogansie of dat hy iets probeer wegsteek.

Luister na potgooie hieronder