Die bepalings vir die derde seisoen van die SA20 toernooi is Maandagmiddag vrygestel.
Die toernooi sal op 9 Januarie 2025 afskop met ‘n ontmoeting tussen die verdedigende kampioene die Sunrisers Hyderabad en MI Cape Town by St George’s Park.
Volgens die SA20 baas Graeme Smith gaan die derde seisoen groter en beter wees en ‘n onvergeetlike ervaring vir spelers en ondersteuners.
Die kampioene sal gekroon word op 8 Februarie 2025 by die Wanderers in Johannesburg.