KRIEKET – Met die eerste veiling van spelers wat Maandag in Kaapstad gehou is het die Suid-Afrikaners van die hoogste aanbiedinge ontvang om in die nuwe  SA20 toernooi te speel.

Die opkomende ster Tristan Stubbs het die hoogste aanbod gekry toe die Sunrisers Eastern Cape hom vir R9.2 miljoen opgeraap het terwyl diè franchise ook vinnig gespring het om die  dienste van die Knights speler Rilee Rossouw  te verseker het vir die tweede hoogste bod van R6.9 miljoen.   

Die SA20 kommissaris en voormalige Protea kaptein Graeme Smith het gesê die doelwit was om die nuwe T20 liga die 2de gewildste te maak naas die Indiese Premier Liga alhoewel geen spelers van diè land in die reeks sal speel nie.

80 spelers –  wat 23 van oorsee af insluit –   is tot die SA20-reeks gekontrakteer wanneer diè toernooi in Januarie 2023 in aanvang neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×