KRIEKET – Die gewese Protea snelbouler Shabnim Ismail het na 10 maande uit Internasionale krieket die 1ste vrou geword om die vinnigste aflewering tot nog af te gestuur het.

Ismail speel tans vir die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga en het die spoedmeter teen 132.1 km/h geklok teen die Delhi Capitals waar sy die legendariese Meg Lanning byna been voor paaltjie betrap het maar diè appel is toe van die hand gewys.

*Ismail was tot voor Dinsdag ook die rekordhouer vir die vinnigste aflewering in ’n internasionale wedstryd nadat sy in 2016 teen die Wes-Indiese Eilande die 128km/h merk kon haal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×