KRIEKET – Indië se Prithvi Shaw het ook die 6de hoogste telling in eendag krieket behaal toe hy Woensdag ’n sprankelbeurt van 244 lopies gespeel het vir Northamptonshire teen Somerset.
Die 23-jarige wat ook die beurt geopen het, het net 153 aflewerings benodig vir sy groot dubbelhonderdtal wat 28 viere en 11 sesse ingesluit het en sodoende sy span gehelp het om 415 / 8 op te stapel.
Shaw was reeds vanaf ’n jong ouderdom af bestem om die lopies in te ryg toe hy as 14-jarige ’n telling van 546 in ’n skool wedstryd kon aanteken.