KRIEKET – Met die Indiese Premier Liga wat ook volstoom aan die gang is het die 25-jarige veelsydige speler van die Kolkatta Knight Riders Rinku Singh die rekordboeke herskyf toe hy sy span tot ’n onwaarskynlike oorwinning teen Gujarat Titans geslaan het.
Die Titans het ’n reuse 204 / 4 aangeteken waar die Knight Riders teen net meer as 10 lopies per beurt moes kolf. Toe die Titans se instaan kaptein Rashid Khan boonop ’n driekuns in die 17de boulbeurt behaal het dit gelyk asof dit neusie verby was vir KKR wat 28 lopies in die laaste boulbeurt moes aanteken.
Die tingerige Singh het ander planne gehad en losgetrek en die laaste 5 aflewerings in ‘n ry van Yash Dayal elke keer agter die grenstou laat val en sodoende verseker dat sy span met ’n tikkie individuele briljantheid tot die 2de plek op die punteleer laat inskuif het.