KRIEKET – Die Skotse snelbouler Charlie Cassell het sy naam in die geskiedenisboeke ingeskryf toe hy die beste boulsyfers deur ’n debutant in ‘n internasionale eendagwedstryd kon vermag.
Cassell het die voormalige rekord van die Protea sneller Kagiso Rabada se 6 / 16 teen Bangladeh in 2015 verbeter toe hy 7 kolwers van Oman laat terugstap het vir net 21 lopies.
Oman is uiteindelik vir 91 uitgeknikker waarna Skotland slegs 2 paaltjies verloor het om die wenteiken te kon bereik.
*Sri Lanka se Chaminda Vaas hou nog steeds die amptelike rekord nadat diè linkerhandse snelbouler 8 / 19 teen Zimbawe in 2001 laat tuimel het.