Proteas beklink ‘n droom deur die eerste van twee toetse teen Pakistan te wen met twee paaltjies.

Die toets was ‘n stryd met legendariese uitdagings wat die die beste uit die atlete gehaal het.

News24 berig op Saterdag 28 Desember 2024 het die wedstryd eers na middagete begin weens reën.

Pakistan het hul tweede beurt op 88/3 begin en is beperk tot 237 lopies.

Suid-Afrika moes slegs 148 lopies aanteken in hul tweede beurt om te wen.

Pakistan se effektiewe boulwerk het die Proteas se topkolwers laat wankel, met drie paaltjies vir slegs 19 lopies.

Slegte lig het het die spel ná Suid-Afrika se negende boulbeurt laat beëindig.

Op Sondag 29 Desember begin Suid-Afrika met 27/3 met Aiden Markram en Temba Bavuma nog staande in hul tweede beurt.

Die wedstryd was beloof om propvol aksie te wees en dit het niemand teleurgestel nie.

Pakistan het die Proteas in die knyp gehad deur vinnig vyf paaltjies te neem, maar die tuisspan het kalm gebly om die wedstryd met twee paaltjies te beklink.

Na die toets, kwalifiseer Suid-Afrika vir die Wêreldtoetskampioenskapfinaal volgende jaar in Junie by Lord’s.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×