KRIEKET –  Sri Lanka se vroue span het met ’n meesterlike kolfvertoning die Proteas gisteraand in die  3de eendagstryd in Potchefstroom met 6 paaltjies geklop om  die reeks met 1 – 1 te deel.

Die tuisspan het 1ste gekolf waar die kaptein Laura Wolvaardt weereens met ’n puik beurt van 184* – wat ook die hoogste telling deur ’n Suid-Afrikaanse vrou in ’n eendagwedstryd was – haar span gehelp het om 301 / 5 op die telbord te plaas.

Dit was egter nie genoeg om die besoekers se aanslag te stuit nie want Sri Lanka se kaptein Chamari Athapathu was haar span se heldin nadat sy self met ’n onoorwonne beurt van 195* die oorwinning kon verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×