Die draaibouler van Sri Lanka Praveen Jayawickrama het ‘n jaar skorsing ontvang na ‘n klag van korrupsie.

Die 26-jarige wat in 2022 laas sy land verteenwoordig het het die Internasionale Krieketraad se gedragskode oor korrupsie oortree.

Jayawickrama het versuim om te rapporteer dat hy benader is om ‘n uitslag van ‘n wedstryd te manipuleer in die Sri Lanka Premierliga en daaropvolgende internasionale wedstryde.

Hy het glo ook boodskappe op sy foon verwyder wat met die saak verband hou.

Die speler het skuld erken en is vir ‘n jaar geskors waarvan die laaste ses maande opgeskort is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×