Sri Lanka se mans krieketspan is uitgeboul vir die laagste telling in hul geskiedenis in hul eerste kolfbeurt in die eerste toets teen die Proteas op Kingsmead in Durban.

Die Leeus is almal uitgehaal vir slegs 42 lopies in die 14de boulbeurt.

Hul vorige laagste telling was 71 wat hulle aangeteken het teen Pakistan in 1994 en ook die laagste telling wat ooit in toetskrieket gemaak is teen die Proteas.

Die Protea snelbouler Marco Jansen het die grootste skade met die Kookaburra aangerig en geëindig met boulsyfers van 7 / 13 in 6.5 boulbeurte.

Die Proteas was teen uitskeityd op 132 / 3 waar Tristan Stubbs en Temba Bavuma sal voortkolf op Dag 3 met ’n voorsprong van 281 lopies in die tweede beurt.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×