KRIEKET  Sri Lanka se vroue krieketspan het die T20-reeks teen Proteas Woensdagaand beklink na ’n maklike sege van 4 paaltjies op Buffalo Park in Oos-Londen.

Die tuisspan het ’n goeie telling van 156 / 6 opgestapel met Laura Wolvaardt se bydrae van 56 en Nadine de Klerk wat ’n haastige 44* van 25 aflewerings geslaan het.

Die aand het egter aan die kaptein Chamari Athapathu behoort wat haar span tot ’n oorwinning gekolf het met 73 lopies van net 46 balle wat 7 viere en 5 sesse ingesluit het.

Sri Lanka wen diè reeks met 2 – 1.

*Die Knights is ook Donderdag in aksie waar hulle die Northern Cape Heat op die Mangaung Ovaal aanvat in die 1ste halfeindronde wedstryd in die plaaslike KSA T20-reeks wat om 13:00 begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×