Sri Lanka se manskrieketspan het vir Engeland geklop in ‘n Toetswedstryd vir die eerste keer in tien jaar.
Pathum Nissanka het Sri Lanka gelei tot ‘n agt paaltjie oorwinning by “The Oval” met ‘n indrukwekkende onoorwonne honderdtal.
Die laaste keer oorwinning vir Sri Lanka oor Engeland in Toetskrieket was in 2014, waar hulle met 100 lopies kon seëvier in Headingley.
Ondanks die nederlaag in die laaste Toets, kon Engeland die reeks steeds met 2-1 beklink.