KRIEKET    Engeland se toetskaptein het ’n baie eenvoudige versoek gerig vir die opkomende reeks om die As teen aartsvyande Australië: mak en vinnige blaaie.

Engelse krieket wat in die laaste paar maande ’n omwenteling ondergaan het onder aanvoering van Ben Stokes saam met die oud Kiwi kolwer Brendon McCullum aan stuur van sake is vol selfvertroue om die gesogte en beroemde klein kruik terug te wen nadat hulle die laaste 10 uit 12 toetse gewen het.

Die “Bazball”-benadering sal beslis die beste manier van aanval teen die aggressiewe Aussies wees veral met die nuus dat Mark Wood en Jofra Archer slaggereed sal wees om die lewe vir die Baggy Greens  se kolwers ondraaglik voor die paaltjies te maak.

Stokes wat ’n gebore Nieu-Seelander is het ook gesê dat hy alreeds so idee het wie in die begin elftal gaan wees wanneer sy span die aanslag op die Ashes gaan loods wat die 16de Junie op Edgbaston begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×