KRIEKET – Met Reeks om die As wat oor bietjie meer as 2 weke begin is die Engelse kaptein Ben Stokes optimisties oor sy rol as bouler in die span.

Die veelsydige speler dra nog steeds las van ’n kniebesering wat weer kop uitgesteek het in die onlangse reeks teen Nieu-Seeland. Dit was ook een van die groot redes waarom diè rooikop in slegs 2 IPL wedstryde die afgelope paar weke kon speel.

Engeland sal vir eers in ‘n 4-dag toets teen Ierland te staan kom waar slegs 3 vinnige boulers ingespan sal word. Die jong Josh Tongue van Worcestershire maak sy debuut terwyl Ollie Robinson en die veteraan Jimmy Anderson ’n blaaskans gaan neem voor 1ste toets in die Ashes-reeks die 16de Junie op Edgbaston begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×