KRIEKET – Tristan Stubbs en Matthew Breetzke het die rekordboeke herskryf toe diè tweemanskap ‘n 473 lopie vennootskap om die 3de paaltjie aangeteken het in die Warriors se 4-dag wedstryd teen die Tuskers in Pietermaritzburg.
Dit was net 7 kort van die grootste vennootskap van 480 in Suid-Afrikaanse meerdagkrieket toe Rilee Rossouw en Dean Elgar diè uitsonderlike prestasie in 2010 vir die Eagles teen die Titans op Centurion kon vermag.
*Breetzke was uiteindelik uitgehaal vir 188 terwyl Stubbs vandag sal voortkolf op 302* met die Warriors se telling op ’n reuse 517 / 3.