KRIEKET – Suid-Afrika “A” is ook stewig in die saal aan die einde van Dag 1 teen Windies se naasbestes in die beslissende 3de nie-amptelike toets op die Mangaung Oval.
Die tuisspan het 276 aangeteken met Neil Brand en Khayelihle Zondo wat beurte van onderskeidelik 62 en 70 gespeel het. Kevin Sinclair was die eilandspan se beste bouler met syfers van 5 / 44 in 15 beurte.
Die Windies sal later vanoggend kom voortkolf op 17 / 1 nadat Duanne Olivier in sy 4de boulbeurt van Tagenarine Chanderpaul ontslae geraak het.
*Diè reeks is tans gelykop met 1 – 1.