KRIEKET –  Met die 1ste IKR o.19 Vroue Wêreldbeker-toernooi wat Saterdag op Willowmore Park in Benoni begin het, het Australië ook sy rieme styfgeloop teen Bangladesh en diè wedstryd met 7 paaltjies verloor.

Die jong Southern Stars kon net 130 / 5 aanteken waarna die Lady Tigers die wenteiken reeds in die 18de boulbeurt behaal het.

Suid-Afrika het hulle toernooi ook baie goed begin teen Indië  maar was op die ou einde nie opgewasse teen die aanslag van die Indiese kolwers nie en het ook met 7 paaltjies vasgeval.

Die jong Proteas het 166 / 5 op die telbord geplaas met die openingskolwer Simone Lourens wat die beurt geanker het met 61 lopies terwyl Madison Landsman ook ’n warrelwind beurt van 32 gespeel het wat 5 viere en 1 ses ingesluit het van net 17 balle.   

Indië  se Shweta Sehrawat het tot aan die einde van die beurt die kolfkampie beset met ’n briljante beurt van 92 lopies wat ook 20 viere ingesluit het.

Suid-Afrika speel vanmiddag om 13:45 teen Skotland in hul volgende groepwedstryd. Die Skotse meisies kon ook nie hul toernooi met ’n oorwinning afskop nie nadat hulle met 6 paaltjies vasgeval het teen die Verenigde Arabiese Emirate.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×