KRIEKET  – Die Sunrisers Eastern Cape het ook gisteraand in ’n spannende wedstryd in die SA20-reeks MI Cape Town naelskraap met 4 lopies geklop.

Die Sunrisers het 202 / 2 aangeteken met Jordan Hermann en Dawid Malan wat met ’n openingsvennootskap van 138 die grondslag vir die oorwinning gelê het. Hermann was nie uit nie op 106 terwyl Malan 53 kon bydra.

Daarna het MI Cape Town se Rassie van der Dussen en Ryan Rickelton ook ‘n 108 lopie 1ste paaltjie vennootskap opgestel maar die Sunrisers sneller Ottniel Baartman het met boulsyfers van 3 / 35 die Kapenaars se momentum ontwrig en ook sodoende verseker dat die manne van die Oos-Kaap hul 1ste sege in diè kompetisie kon behaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×