Die Sunrisers Eastern Cape, wat mik na ’n derde SA20-titel, het hul plek in die eindstryd bespreek nadat hulle die Paarl Royals Donderdagaand met agt paaltjies gestuit het op SuperSport Park in Centurion.

Die Royals het eerste gekolf en ’n goeie telling van 175 / 4 op die telbord geplaas. Die middelorde kolwer, Rubin Hermann, het in diè kompetisie gewys dat hy op hoër louere aanspraak maak met ’n onoorwonne beurt van 81 lopies terwyl die jong Lhuan-dre Pretorius weereens goed gekolf het vir sy 59.

Die Sunrisers het in hulle kolfbeurt vroeg die paaltjie van Davd Bedingham verloor maar sy aanvangsvennoot, Tony de Zorzi, met 78 en die jonger Hermann broer, Jordin, met 69* het daarna met berekende kolfwerk en ’n wenvennootskap van 111 hul span se oorwinning verseël.

*Die eindstryd tussen MI Cape Town en die Sunrisers Eastern Cape word Saterdagaand om 17:30 op die Wanderers beslis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×