KRIEKET –  Die eerste aanbieding van die SA20-reeks het ook op ’n hoogtepunt afgesluit toe die Sunrisers Eastern Cape as die kampioenspan gekroon is nadat hulle die Pretoria Capitals met 4 paaltjies geklop het.

Diè eindstryd wat Saterdagmiddag op Centurion sou plaasvind is aangeskuif na gister weens ’n nat buiteveld. Die Capitals het eerste gekolf en kon net 135 bymekaar skraap terwyl die Speler-van-die-wedstryd Roelof Van Der Merwe met ’n skitter ontleding van 4 / 31 sy span tot ’n oorwinning geboul het.

Die Sunrisers se kolwers het kalm onder die druk gebly met die openingskolwer Adam Rossington wat die beurt geanker met sy bydrae van 57 waarna Marco Jansen die wenlopies in die 17de boulbeurt geslaan het.

T20 WB–TOERNOOI – Die Protea vrouespan se T20 wêreldbeker- toernooi het op ’n laagtepunt begin het toe hulle in die openingswedstryd Vrydagaand teen Sri Lanka met 3 lopies vasgeval het. Sri Lanka het 129 aangeteken waarna die tuisspan met net 126 / 9 kon terug antwoord. 

In die 2de wedstryd het Engeland met 7 paaltjies teenoor die Wes-Indiese Eilande geseëvier terwyl die verdedigende kampioen Australië ook baie maklik teen Nieu-Seeland met 97 lopies gewen het.

Suid-Afrika sal diè blaps in wedstryd nommer 1 wil regstel wanneer die Proteas later vanaand teen die einste Nieu-Seeland te staan kom op Boland Park in die Paarl.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×