KRIEKET – Die Durban Super Giants het sy segetog in die SA20-reeks voortgesit toe hy die Pretoria Capitals naelskraap gisteraand met 8 lopies in Durban kon klop.

Matthew Breetzke het weer ’n spogvertoning vir die Giants met die kolf gelewer en 73 bygedra terwyl Heinrich Klaasen ook 30 by die groottotaal van 174 lopies  kon voeg.

Die Capitals se kofbeurt kon daarna ook nie behoorlik op dreef kom nie met net Will Jacks wat walgegooi het met ‘n haastige 41 lopies maar dit was uiteindelik die Giants se Junior Dala wat met ’n beste boulontleding van 5 / 26 die span van Pretoria se lopiejaagtog gestuit het.

*Die Durban Super Giants is tans bo-aan die punteleer op 32 gevolg deur die Paarl Royals en Sunrisers Eastern Cape onderskeidelik op 22 en 19 punte

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×