Die Proteas se droom om vir ’n tweede keer in die Kampioene Trofee-eindstryd te speel is aan skerwe geruk toe Nieu-Seeland hulle met 50 lopies gestuit het in Lahore.
Die Swart Pette het ’n reuse telling van 362 / 6 in hul 50 beurte ingesamel met Rachin Ravindra en Kane Williamson wat albei hondedtalle aangeteken het terwyl Daryll Mitchell en Glenn Phillips elkeen beurte van 49 gespeel het.
Die Proteas se kolfaanslag was vroeg gelei deur Temba Bavuma en Rassie van der Dussen met tellings van 56 en 69 onderskeidelik en ’n laat aanslag deur David Miller met ’n onoorwonne honderdtal maar het aan die einde uit boulbeurte gehardloop.
Die eindstryd word Sondag tussen Indië en Nieu-Seeland in Dubai beslis.