Die Suid-Afrikaanse draaibouler Tabraiz Shamsi het gevra om dadelik vrygestel te word van sy internasionale kontrak.

Luidens ’n verklaring van Krieket Suid-Afrika is dit omdat Shamsi homself beskikbaar wil maak vir T20-ligas oor die wêreld.

Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket Enoch Nkwe het bevestig dat Shamsi steeds beskikbaar sal wees vir die Proteas en hom bedank vir sy deursigtigheid oor die saak.

error: Inhoud is beskerm !!