Die Proteas het gesukkel om die uitklophou te land teen Bangladesh op dag drie van die eerste toetswedstryd in Mirpur.
Mehidy Hasan Miraz en Jaker Ali het vir Bangladesh in die wedstryd gehou met ‘n 138 lopie vennootskap en die tuisspan sal dag vier nou hervat op 283 / 7 waar hulle tans ’n voorsprong van 81 lopies geniet met 3 paaltjies wat staande is.
*Die voormalige kaptein van die Suid-Afrikaanse onder-19 krieketspan Chad Bowes het ‘n rekord verbeter in ‘n eersterangse wedstryd vir Canterbury teen Otago in Nieu-Seeland. Bowes het die vinnigste 200 tal van slegs 103 balle aangeteken en sodoende die rekord wat aan Travis Head behoort het met 11 aflewerings aan skerwe laat spat.
Canterbury het uiteindelik met 240 lopies gewen wat ook die grootste oorwinning in Nieu-Seeland se plaaslike eendag krieket is.