KRIEKET – Die Titans het hul plek in Saterdag se finaal van die plaaslike T20 krieket kompetisie bespreek toe hulle die Knights gister met 38 lopies in die 1ste semi-finaal van die dag geklop het.

Bongi Makhanya het ‘n kapteinsbeurt vir die Titans gespeel en ook verseker dat sy ‘n span ‘n redelike telling van 158 / 6 op die telbord kon plaas terwyl Gerald Coetzee weer die beste met die bal gevaar het vir die Knights met syfers van 2 / 28.

Die Knights het goed met die kolf begin maar kon nie die pas volhou nie terwyl Neil Brand skitterend geboul het en 3 kolwers vir net 24 lopies laat terugstap het paviljoen toe.

Die Titans ontmoet die Dolphins in Saterdag se eindstryd nadat die Natallers die huidige kampioen die  Rocks met 20 lopies uitgeskakel het.

Die Dolphins het ‘n beskeie 146 aangeteken en daarna het Prenelan Subrayen en Jon-Jon Smuts  die hart uit die Bolanders geruk en tussen hulle 5 paaltjies vir net 35 lopies platgetrek en die Rocks tot net 126 / 8 beperk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×