KRIEKET – Krieket Suid-Afrika het ook ingegryp na verskeie klagtes ontvang is oor die gevaarlike buiteveld van die Tuskers in Pietermaritzburg en gevolglik nou al hul tuiswedstryde in die T20-reeks weg sal moet speel.
Volgens die verklaring deur KSA is die welstand van die spelers en die integriteit van die spel altyd die hoogste prioriteit geniet en neem diè beheerliggaam dus sulke kwessies ernstig op.
Die toestand van die speelveld by die Pietermaritzburg Ovaal het onder die vergrootglas gekom nadat die Kwazulu-Natalse premier Nomusa Dube-Ncube se provinsiale rede einde Februarie daar gehou is.
*Spelde wat moontlik vir dekor gebruik is het op die speelveld agtergebly na die sametrekking en alhoewel onkostes aangegaan is deur die unie om die spelde m.b.v. magnete en ’n duur magneet roller op te tel moes die onlangse driedaagse wedstryd tussen die Vrystaat Colts en die Tuskers se eweknie afgelas word nadat ’n speler van die Vrystaat op die 1ste dag vir ’n bal in die buiteveld geduik het en toe beseer is.