KRIEKET – Die twee ervare Suid-Afrikaanse spelers Roelof van der Merwe en Colin Ackerman gaan nie deel van Nederland se T20- Krieket Wêreldbeker-groep vanjaar in die Karibiese Eilande en die VSA wees nie.
Die 39-jarige van der Merwe en 33-jarige Ackerman wat sleutelspelers was in die skokoorwinnings oor die Proteas in die 2022 toernooi word onderskeidelik deur die jonger Tim Pringle en Michael Levitt vervang terwyl die vlugvoetige Sybrand Engelbrecht sy plek in die Oranje Masjien behou het.
Pringle is soos van der Merwe ’n linkerhandse draaier terwyl Levitt ook ’n Suid-Afrikaner is en vir die WP skole span gespeel het.
*Nederland sal weer op 8 Junie die geleentheid kry om die Proteas in New York die stryd aan te sê terwyl Sri Lanka , Nepal en Bangladesh die ander spanne in Groep D uitmaak.