Die tweede tussen die Proteas en Sri Lanka stuur op ’n opwindende einde af op St. Georges Park in Gqeberha.
Die tuisspan het 358 in hul eerste beurt aangeteken waarna Sri Lanka met 328 geantwoord het. Temba Bavuma en Tristan Stubbs het 104 om die vierde paaltjie aangeteken met Suid-Afrika wat almal uit was vir 317 in die tweede beurt.
Sri Lanka is ’n wenteiken van 348 gestel en was teen uitskeityd op 205 / 5 toe die dwarsbalkies vir die dag gelig is. Dhananjaya De Silva en Kusam Mendis sal Maandagoggend voortkolf en probeer om die 143 lopies vir die oorwinning in te samel terwyl die tuisspan se boulers op soek is na die vyf oorblywende paaltjies.
Die Proteas het die eerste toets met 233 lopies gewen.
*Die nasionale vroue span was ook in aksie teen Engeland in die tweede eendagwedstryd maar hierdiè keer ongelukkig vasgeval met 6 paaltjies op Kingsmead in Durban.
Die Proteas is almal uitgeknikker vir 135 waarna die besoekers reeds in die 24ste boulbeurt die wentotaal bereik het.
Die volgende wedstryd word Woensdag op die JB Marks Ovaal in Potchefstroom beslis.
**Die Knights het ook na Kaapstad gereis vir hul KSA vierdag wedstryd teen die Westelike Provinsie wat ook afstuur op ’n onbesliste uitslag.
Die tuisspan het gesukkel in hul eerste kolfbeurt en gesteier na 202 terwyl die Vrystaters teen uitskeityd op 306 / 3 was en ’n voorsprong van 104 lopies het.
Diè kragmeting eindig ook Maandag.