Die kaptein van Indië se mans Toetskrieket span, Rohit Sharma, gaan uittree as sy span nie goed speel in die vyf-wedstryd Toetsreeks teen Australië nie.
So sê die voormalige kaptein, Krishnamachari Srikkanth.
Srikkanth het op sy Youtube kanaal gesê dat die 37-jarige Sharma sal uittrede as dinge nie goed gaan vir sy span nie.
Dit kom na die Indiese span met 3-0 verloor het in die toetsreeks teen Nieu-Seeland.