KRIEKET – Die Vrystaat se vroue krieketspan is ook na die topses van die provinsiale liga bevorder nadat hulle die Noord-Kaap Heat Saterdag in Bloemfontein geklop het met 188 lopies.

Die tuissspan se kaptein Yolandi Potgieter was die heldin vir haar span met ’n sprankelbeurt van 167 wat ook die hoogste telling in diè seisoen se eendagreeks was.

Die Vrystaters het 348 / 4 opgestapel en die Heat tot 160 lopies beperk met Christen van Wyk wat die Noord-Kapenaars met haar draaiaflewerings geflous het en beloon is met 4 paaltjies vir slegs 30 lopies.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×