KRIEKET: Die VSA wat een van die gasheerlande in vanjaar se T20 Wêreldbeker-toernooi is het Pakistan geskok nadat hy in ’n super boulbeurt met 5 lopies gewen het.
Albei spanne was na 20 beurte presies gelykop met 159. Die tuisspan het daarna 18 lopies aangeteken en Pakistan tot 13 / 1 beperk.
Die VSA is nou bo-aan die puntelys in Groep A en kom Sondag teen Indië te staan.
Australië het geen probleme in sy openinswedstryd ondervind nie en Oman met 39 lopies uitgestof terwyl Uganda ook met 3 paaltjies vir Papua New Giunea kon troef.
*Die Proteas sal ook op die wenpad wil bly wanneer hulle teen die onvoorspelbare Nederland Saterdagmiddag om 16:30 in die Modular Stadion in New York gaan uitstap.