KRIEKET  – Die omstrede Aussie krieketspeler en voormalige onderkaptein van die toetsspan David Warner kan moontlik ‘n laat aansoek indien om sy leierskapsverbod in die nasionale spanne op te hef.

Die 36-jarige Warner is vir ‘n jaar uit topklas krieket geskors en lewenslank verbied om enige leierskapsrolle te vervul nadat dit aan die lig gekom het dat hy kapokhaan was in die Nuweland skuurpapier-skandaal in 2018.

Hy sal egter nou toegelaat word om aansoek te doen oor ‘n hersiening van diè verbod nadat Krieket Australië wysigings aan die integriteitskode goedgekeur het. Pat Cummins wat die span se toets en eendag kaptein is het gesê dat hy toeganklik daarvoor is om diè rol in die eendag formaat met ander spelers –  wat Warner insluit –  te deel om sy werklas as speler te help verlig.

Warner wat swak gevaar in die onlangse T20-Wêreldbekertoernooi word ook as ‘n natuurlike opvolger vir Aaron Finch beskou wat in September die kapteinskap opgegee het na aanleiding van sy  uittrede uit eendagkrieket.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×