KRIEKET – Die Aussie kolwer David Warner het sy toetsloopbaan op ’n hoogtepunt afgesluit vir die Baggy Greens deur ’n reekssege van 3 – 0 oor Pakistan te behaal nadat die tuisspan die laaste toets met 8 paaltjies gewen het op die SCG.
Warner het beurte van onderskeidelik 34 en 57 gespeel nadat Pakistan vir 313 en 115 in hul 2 kolfbeurte uitgeknikker was.
*Warner met die bynaam van “Hum-Bull” het sy land in 112 toetse verteenwoordig en 8786 lopies ingeryg teen ’n kolfgemiddelde van 44.6 per beurt en ’n hoogste telling van 335 nie uit nie. Hy spog ook met 4 toetspaaltjies en ’n beste ontleding van 2 / 45.