Die Warriors wat deur die Oostelike-Provinsie verteenwoordig word het in die eerste ronde van Krieket Suid-Afrika se eendagbeker-reeks ‘n massiewe 126 lopie oorwinning oor die Dolphins behaal.
Jordan Hermann het uitgestaan vir die Warriors met ‘n onoorwonne 148 wat sy span gehelp het na ’n totaal van 342 / 2 in hul 50 beurte.
Andile Mogakane was Warriors se beste bouler met syfers van 4 / 23 wat die Dolphins beperk het tot 217 almal uit in die 41ste boulbeurt.
*In ander uitslae van die naweek kon Boland vir Titans met vyf paaltjies klop nadat die manne van die Wynland vir Nelson – oftewel die 111 lopie teiken in 36 beurte gejaag het.
Die Leeus het die WP ook op Nuweland met 40 lopies uitgestof nadat die gasheer almal uitgehaal is vir 219 in hulle soektog na die 260-lopie teiken.