Die Warriors het hulle uitspeelplek in die KSA Eendagbeker-reeks verloor weens ’n oortreding van klousule 3.2.2 vroeër in die reeks.

Die span van Oos-Kaap is met vyf punte gestraf toe hulle nie die regte getal kwota-spelers in hul elftal ingesluit het in die wedstryd teen die Dolphins op 26 Februarie nie. Die Warriors het daardiè wedstryd met 126 lopies gewen.

Die Dolphins is intussen met vier punte gekrediteer en sal nou Woensdag teen die Titans in ’n kwalifserings-wedstryd in Durban speel wat die Boland Sondag in die eindstryd in die Paarl ontmoet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×