KRIEKET –  Die plaaslike T-20 reeks is weer volstoom aan die gang met die Warriors en Westelike Provinsie wat goeie oorwinnings gister op St. George’s Park behaal het.

Die Westelike Provinsie het in die eerste wedstryd van die dag die Rocks met 6 paaltjies geklop. Die Bolanders kon slegs 142 / 6 opdis waarna die WP die wenteiken reeds in die 17de boulbeurt aangeteken het.

Die Warriors het in ‘n naelbyt stryd net daarna die Titans met 8 lopies geklop. Die Warriors is gevra om eerste te kolf en het ‘n skaflike 163 / 8 op die telbord geplaas waarna die Gautengse besoekers tot 155 / 8 beperk is.

In die volgende ronde wedstryde wat vandag in die Baai beslis word speel die Lions en Dragons om 10:00 terwyl die Knights en Dolphins 14:30 vanmiddag in aksie sal wees.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×