KRIEKET – Die Maleisiese naatbouler Syazrul Ezat het die 1ste speler geword om 7 paaltjies in ’n Internasionale T-20 wedstryd plat te trek.
Diè 32-jarige veteraan het uiteindelik gespog met ’n boul ontleding van 7 / 8 in sy 4 beurte. China kon net 23 lopies bymekaar skraap waarna die wenteiken van 29 aflewerings aangeteken was.
Die wenner van hierdiè kwalifiserings toernooi in Maleisië sal deurdring na die uitdun-reeks in Nepal waar die 2 top spanne ook kwalifiseer vir die Wêreldbeker-toernooi wat in 2024 gesamentlik deur Wes-Indië en die VSA aangebied sal word.