KRIEKET –  Wes-Indië het ook gister die T20-reeks teen Indië beklink met ’n maklike oorwinning van 8 paaltjies in Lauderhill, Florida.

Indië se kolwers kon net 165 lopies bymekaar maak waarna die Windies diè wenteiken reeds in die 18de boulbeurt bereik het. Die openingskolwer Brandon King het geskitter met sy 88 nie uit nie van net 55 aflewerings. Sy beurt het 5 viere en 6 sesse ingesluit.

Die Windies wen die T20-reeks met 3 – 2 terwyl Indië die toets- en eendagreeks kon inpalm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×