KRIEKET – Die Proteas is na die einde van Dag 2 in die 1ste toets kniediep in die moeilikheid teen die Wes-Indiese Eilande op 49 / 4 nadat hulle vroeër die dag die besoekers uitgeknikker het vir 212 lopies op SuperSport Park in Centurion.

Suid-Afrika se snelboul arsenaal het die eilandspan behoorlik laat bontstaan met Anrich Nortje wat 5 / 36 platgetrek het terwyl Marco Jansen en debutant Gerald Coetzee ook met 2 paaltjies elk kon spog.

Die boulers se harde werk was ongedaan gemaak toe die Windies se vinnige manne in die laaste 9 beurte van die dag die Proteas se toporde aan flarde geruk het.

Dean Elgar is op dieselfde wyse uit as in die 1ste beurt terwyl debutant Tony de Zorzi en die span se nuwe kaptein Temba Bavuma 1ste bal nulletjies gekry het. Keegan Pietersen het ook nie lank vertoef nie terwyl Aiden Markram op 35 nie uit nie soos ’n superster sal moet kolf om die pot aan die gang te hou vir sy span op Dag 3.

Die Proteas sal vanoggend kom voortkolf met ’n voorsprong van 179 lopies op die 2de beurt met 6 paaltjies wat nog in die bank is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×