KRIEKET  – In sekerlik een van die grootste opskudings van die T20 wêreldbeker toernooi het Zimbabwe ‘n briljante 1-lopie oorwinning oor Pakistan gister in Perth behaal.

Die Chevrons kon slegs ‘n beskeie 130 / 8 vir in hul kolfbeurt aanteken en dit het onwaarskynlik gelyk of dit genoeg sou wees om  Pakistan te tem maar skitter boulwerk deur die Man-Van-Die-Wedstryd Sikander Butt het ‘n roemryke oorwinning vir sy span verseker toe hy met syfers van 3 / 25 in sy 4 beurte geëindig het.

Pakistan wat onlangs die Asië-Beker toernooi gewen het loop die gevaar om nou vroeg uitgeskakel te word maar sal nog ‘n reddingsboei kry in die vorm van Nederland wanneer die twee lande mekaar Sondag weer in Perth sal ontmoet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×