Pakistan se mansspan het ook ‘n skok nederlaag gely teen Zimbabwe in ‘n eendag wedstryd wat Sondagmiddag by die Queen Sportklub in Bulawayo gespeel is.
Zimbabwe kon 205 lopies maak voor almal uitgehaal is in die 41ste boulbeurt waarna Pakistan se kolwers gesteier tot 60 / 6 na 21 boulbeurte voor reën die res van die wedstryd beïnvloed het.
Die sakrekenaars is daarna uitgehaal en volgens die Duckworth Lewis Stern-metode het Zimbabwe die wedstryd met 80 lopies gewen.
*Pakistan speel Dinsdag en Donderdag in nog twee eendag wedstryde voordat hulle na Suid-Afrika reis vir ‘n reeks wat op 10 Desember in Durban met die T20 stryd begin.