KRIEKET – Sri Lanka en die gasheerland Zimbabwe wat al 4 hul groepdwedstryde gewen het in die kwalifiseringstoernooi vir die Eendag Wêreldbeker-reeks het nou ook die Super 6 fase bereik.

Nederland, Skotland en Oman het ook deurgedring terwyl Ierland met 3 agtereenvolgende nederlae reeds uitgeval het.

Die Wes-Indiese Eilande sal nou die haas uit die hoed moet trek want diè eilandspan kon geen punte oordra na die uitklop fase nie.

Die spanne speel nou teen mekaar wat nie in hul 1ste groep fase teen mekaar meegeding het nie en die 2 top lande wat die meeste punte het na afloop van die Super 6 sal dan aansluit by die 8 ander lande wat reeds vir die Wêreldbeker-toernooi in Indië gekwalifiseer het.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×