Onwettige mynwerkers beweer dat gewapende kriminele base hulle met valse beloftes van werk gelok het en dat hulle gedwing word om ondergronds te werk.
Die polisie het onlangs twee kriminele base in hegtenis geneem, wat met onverwerkte goud ter waarde van 15-miljoen rand betrap is. Een van hulle is van geldwassery ter waarde van twee-komma-ses-miljard rand aangekla.
Die polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, sê die owerhede het bewaringsbevele verkry vir 51 voertuie en sewe eiendomme wat aan mynsindikate gekoppel is.