Die Suid-Afrikaanse regering en die ekonomie verloor miljarde rand aan belasting as gevolg van kriminele sindikate wat belasting ontwyk, het die SA Inkomste diens se kommissaris, Edward Kieswetter aan IOL gesê. Kriminele syndikate kos Suid-Afrika honderde miljarde rand jaarliks en dit moet aangespreek word, het hy gesê. Die beraamde bedrae wat ter sprake is, is tussen 200 en R300 miljard per jaar, het Kieswetter gesê. Sy grootste kommer is die toename in sindikate wat ‘n lewe uit misdaad maak. Dit is meer kommerwekkend as klein groepies belastingbetalers wat teen belasting in opstand kom. Alhoewel dit weer kan weer lei na nasionale opstande omdat Suid-Afrikaners nie dienslewering by die regering kry nie. Kieswetter het gesê die SAID is onderbefonds en kan nie moderne tegnologie bekostig om sindikate vas te vat nie. Die SAID beplan egter om diegene wat belasting te ontduik, strafregtelike te vervolg omdat die SAID derde-party inligting van banke en ander finansiële instellings kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×