Die kwessie van plaasaanvalle is weer in die kollig, na aanleiding van opmerkings deur Amerikaanse president, Donald Trump, dat “verskriklike dinge” in Suid-Afrika gebeur.
Tydens ‘n onderhoud met Primedia, sê ‘n kriminoloog aan die Universiteit van Limpopo, Rudolph Zinn, daar geen bewyse dat plaasmoorde rasgedrewe is nie.
Volgens Zinn kon hy geen rasspesefike motiveringe by enige van die oortreders vind tydens sy 5-jaar-lange studie oor plaasvalle. Hy het hier met 30 tipe oortreders onderhoude gevoer.
Hy sê wanneer navorsers oortreders oor die redes van hul misdade vra, is die antwoord altyd dieselfde – dit gaan oor die geld, nie die persoon nie.
Zinn sê ook daar is navorsing wat oor 20 jaar gedoen is wat sy bevindinge ondersteun. Hy voeg by die manier waarop georganiseerde plaasvakbonde die statistieke rondom plaasmoorde kommunikeer skep ‘n persepsie dat die boere uitgesonder word.