Die vermeende baasbrein agter die Mirror Trading International, of MTI, het blykbaar sedert 2020 ‘n rojale lewe in Brasilië gelei voordat hy Maandag aan ‘n hartaanval dood is. Die 40-jarige Johann Steynberg, se MTI word beskryf as een van die grootste kriptogeld-bedrogskemas waarin hy na raming R8 miljard uit sy slagoffers geswendel het.

Sy prokureur, Thales Jayme, het aan Netwerk 24 bevestig sy kliënt is oorlede. Steynberg se Suid-Afrikaanse vrou, Nerina, is in Suid-Afrika met miljoene rande se skuld agtergelaat toe hy gevlug het. Jayme het gesê Steynberg was die laaste ruk met ‘n Brasiliaanse vrou getroud. Die Nasionale Vervolgingsgesag by monde van Eric Ntabazalila het gesê indien sy dood bevestig kan word, sal aanklagte teen hom teruggetrek word, maar die ondersoeke na die skema duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×